Brief aan jou ( Opdrag 1)
in die donker droomskryf dae
waar digtersink deur my are bloei
d r u p p e n d
tussen die lyne van my papiersiel
daar waar ñ miljoen woorde
dalk meer
in die hemelruim verdwyn
daar lê my liefde
in die sterre geskryf
en stuur ek op sonstraalgolwe
net soos Breyten
aan jou ñ rooiborsduif
© Ryno Rossouw
13 Kommentare
-
Callie Vermeulen
Pragtig Ryno! Dit begin goed.
-
nadianagel
Baie mooi lief ❤️
-
Caren Kearley
Pragtig.. "die heelal word later en later soos die sterrestelsel wat pyle is" - Breyten
-
Loretta Szikra
Wow Ryno... pragtige gedig.
-
Elroux
Allerliefste gedig Ryno
-
Driekie
Baie mooi!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie