Mio amato (Opdrag 6)
Mio amato (Opdrag 6)
Jy wasem my met ‘n sagte lentebries tot geboorte
ek wil skugter om jou vou
en skaamteloos nakend in reënbooggloed
jou minnaarslied triomfantlik hoor
ek wil ons blanko blad
met baldadige kleure verf
en sorgvry skilder
aan ons verhaal
ek wil met bevryding
jou op my laat tatoeëer
en saam kan ons
ons liefde
in die lewensboek ets
©A Enslin
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie