Ongegrond (Opdrag 6)
ek dryf teen die plafon
raak weer nie kante nie
nie hergebore half surreal
bewolk en deur die mis
so gemaak onklaar
laat staan
terwyl stellasies bewe
en ek engel-duiwel met my
pen en verfkwas swewe
vir grounding word gemaan
jy raak
aan iets sien kleure dinge bid hou vas
sit stewig tel tot tien
dan sal jy weer daglig sien
maar daar’s niks hier in my donker hang
geen prentjie van my lewenslê
voor iemand wat hul sê
‘n beeld van God is
en die spasies tussen vingers maak
my bang….
© Charleine Collins 2018
Foto: https://en.wikipedia.org/wiki/The_Creation_of_Adam
8 Kommentare
-
-

Viooltjie
Goeie werk, Charleine 😊
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-

Elroux
WOW 'n meesterlike gedig met diep betekenis.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Pragtig verwoord Charleine.