My stilte – Opdrag 8
Opdrag 8
Stilgedig
Gedig bestaan uit 7 reëls
Die woord stil (in enige vorm) verskyn in elke versreël
Daar moet van ten minste een vorm van beeldspraak gebruik gemaak word
Emosie moet in die gedig weerspieël word
My stilte
koue stilte kom lê binne my
dof donker breek my hart stil-stil
en verwese omarm die stilte my
stilvrees omvou my gebreekte hart;
stomstil beweeg die seer deur my
die stilte van jou weggaan verskreeu my
en ‘n stille traan word my ewige metgesel
Kopiereg: A Enslin
2 Kommentare
-
Callie Vermeulen
Oulike skepping Alet - Welgedaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie