Jongste aktiwiteit:

Sollievo (opdrag 8)

Undici
ʼn Undici is ʼn digvorm wat bestaan uit ʼn totaal van 3 strofes en 11 versreëls. Strofe 1 bestaan uit 3 versreëls en strofe 2 en 3 bestaan uit 4 versreëls. In die laaste strofe moet daar ʼn wending plaasvind. Daar moet een of ander vorm van personifikasie voorkom as ook die gebruik van natuurbeelde.

met weerlig in haar oë
kyk sy stip na die berge
die son dwalend op haar vel

op die kruin pluk sy ʼn ster
en bêre dit diep in haar hart
sy dra die maan en heelal
gelate op haar skouers

net voor die storm
het hy die wolkbreuk gekeer
en tussen sagte reëndruppels
die reënboog vir haar gaan haal

© nadia nagel




5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed