opdrag 8
sal jy steeds staan
neffens die draad, teen die son
as die honde met bloed en skuim
om bekke huil teen die maan;
as die mislikreën
teen die venster tik-tik, tik-tik
en die son gaan skuiling soek
vêr onder die venster
waar droog
die kosmos laat blom?
© stella
strellips: retoriese vraag in een vers, nie meer as 10 versreëls nie. onomatopee en personifikasie moet ten minste een keer elk voorkom. vryevers.
2 Kommentare
-
Elroux
Baie mooi Stella.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie