Jongste aktiwiteit:

September 2018 projek – Spyse vir die siel

Beste INKers

Ons gaan hierdie September tradisie breek en nie lente vier nie, maar gaan ‘n Engelse Sonnet aanpak met die tema: “Spyse vir die siel”

Opdrag:
Digters:
Skryf ‘n gedig met die bostaande tema. Wees uniek, vars en treffend. Die sonnet, tipografies en rymskema gaan STRENG gemerk word.

Vir inligting:

” Engelse / ShakespearSonnet
(14 reels, 4 strofes 3 x 4 en slot net 2)
Hierdie digvorm het 14 versreëls .
Die beskrywing word geplaas in reëls 1-12
Die inhoud word gewoonlik verdeel in 3 kwatryne ( 3 strofes van 4 reëls elk )
Die wending/ of verandering/ of ommekeer is in reël 13.
Die verinniging of verdieping is in die laaste koeplet ( strofe van 2 reëls ) in reëls 13 -14.
Die vaste rympatroon van die Engelse sonnet is abab cdcd efef gg.

Verhaalskrywers:
Skryf ‘n verhaal in minder as 800 woorde met dieselfde onderliggende tema.(Spyse vir die siel)

Rubriek en gorrelskrywers:
Skryf ‘n interessante rubriek oor wat die deurslag mens kan doen om die siel, soos die liggaam, te voed. Wees kreatief en waak teen geykte aanslagte.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef.
Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed