Nie tyd of stilte – nie woorde of spasie – nie leemtes of voltes … nee niks ja niks sal hoe ek oor jou voel verander nie.
Hulle sê die verlange spoel soos golwe oor jou siel dit is die alleenheid wat jou gelukkig wees verniel. Die gat wat agter gebly het na jy weg is met my hart is gevul met soutwater (dit brand!) van die trane wat nie val oor jou nie. Hulle sê die verlange spoel soos golwe oor […]
Jy is die warm mes en ek gevriesde botter. Cliche jy sny gemaklik (gevoelloos) deur my (weerstand) jy oorrompel my verstand jy besit die oorhand. Ek belowe myself nooit weer nie maar kan myself nie keer nie. Jy het ‘n mag oor my en ek laat (bewustelik) toe dat jy my sny met jou woorde […]
Sy behoort nie aan iemand nie. Sy behoort nie aan ‘n man nie. Haar siel is fyngetrap in stukke getrap lank gelede deur baie mense die stukkies het verpoeier en is opgeneem met die wind en versprei deur die heelal en soms as jy gelukkig is kan jy van die stukkies sien blink in die […]
Die mis het oor die berg gehang nou-die-oggend-vroeg … … en ek het weer na jou verlang die mis en koue weer het my laat wroeg oor jou oor ons en ek was bang (eintlik was ek net moeg) maar ek was bang dat jy my binnekort sal wil keer om verder my hart oop […]
Jy het my weer ‘n keer …van balans gegooi. Jy het my weer ‘n keer onseker. Ek het gedink jy het van my vergeet. @Anria
Gisteraand het ek van jou gedroom. Hoekom? Ek probeer dan so hard! Ek veg en skop en skree en bid en smeek my hart om van jou te vergeet. Ek lief jou sò! Jy wou nie by my wees nie. … maar gisteraand het ek weer van jou gedroom en nou … Nou? Nou sit […]
Miskien sukkel ek so om oor jou te kom nie oor wie jy is nie nie omdat jy die beste man is wat nòg in my lewe was nie nee miskien sukkel ek so om oor jou te kom oor wie ek is oor al die reeds gebreekte stukkies van my reeds gebreekte hart weer […]
Ek klou vas aan jou dorings ek klou en jy laat jou dorings in my hande delf soos ek klou ek klou vas aan jou met oop hande. Jy dink ek klou vas aan jou. Jy dink maar die oomblik wat jou dorings my los gaan jy val en my bebloede hande gaan jou nie […]
Musiek is stil. Jy is stil. Woorde is stom. Jy is stom. Jy het my musiek gesteel. … stile, skreeuende stilte … Jy is stil. Die musiek is stil. Jy is stil. … daar is geen woorde oor geen woorde oor vir ons woorde om ons te beskryf nie. @Anria.
