Bottermes jy
Jy is die warm mes
en ek
gevriesde botter.
Cliche
jy sny
gemaklik (gevoelloos) deur my
(weerstand)
jy oorrompel my verstand
jy besit die oorhand.
Ek belowe myself
nooit weer nie
maar kan myself
nie keer nie.
Jy het ‘n mag oor my
en ek laat (bewustelik) toe
dat jy my sny
met jou woorde
en jou hande
sonder dat jy raak aan my.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.