Onheilspellend (soos liefde)
Die mis het oor die berg gehang
nou-die-oggend-vroeg …
… en ek het weer na jou verlang
die mis en koue weer
het my laat wroeg
oor jou oor ons en ek was bang
(eintlik was ek net moeg)
maar ek was bang dat jy
my binnekort sal wil keer
om verder my hart oop te maak
vir jou
en jou diepste drake te leer
ken soos jy myne doen.
@Anria (02/03/2018)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.