Jongste aktiwiteit:

Vermoor vir my `n koloniekoraal

Skadupunte trek dwarshale aan die voet-en-end van die prentjie as die dag stotterend tot einde kom – jy lê onbepaald, soos `n lidwoord (aksent en al) gekrul in tekens wat vra op `n uitroep, dat die einde tóg maar sal kom in `n punt, of straks tartend ellips wat oophou, en uitstel, afstel en respyt […]

Lees meer

My kanna in Kappadosië – Eduard Smith

Selfs ‘n kannabos in Kappadosië sal nie so behaaglik soos jy kan wees nie. Hulle wat dink hul weet wat en hoe die liefde moet kontoer dra geen benul van die landskap en kringpad waar ons mekaar dor en dors gekry het nie. In die amperwoestyn, met aortas afgebind deur sogenaamdes, daar, net dáár het […]

Lees meer

Jy ©Eduard Smith

Jy het uit die knal wat oer geklap het (die slimmes sweer dis so) sommer lukraak lyf gekry – iemand met die gelaat van engele en die swier van ‘n leeu, ‘n langvingerdief geword wat my asem kondenseer in dou wat nat smeer in elke vou wat rou en seer somtyds alleen vibreer. ©Eduard Smith […]

Lees meer

En nog ‘n stukkie bog ©Eduard Smith

“Watse tieping mens is jy?” “Tieping?” ek met ‘n frons. “Ja” Seker die soort wat die woord-lui met die spelfoutmaker alte holderstebolder deur die gat jaag daar waar ‘n woordeboek op die rak ontbreek – seker die soort wat peins en huil saam ‘n trots’ woordmaker alte holderstebolder in Afrikaans. En nog ‘n stukkie bog: […]

Lees meer

Gebonde in blou – Eduard Smith

Jy framboos as ek eerlik is en sê van die mooiheid waarmee jou kyk my tydig gebonde hou; in die blousel daarvan verdrink ek gedurig, gedurig as die son oor ons sterf in karmoesyn. © Eduard Smith

Lees meer

Toe jy knus hier wás – Eduard Smith

Middelweek breek bleek, laatwintergreep verwelk soos toe sy aanvanklik die lewe in ryp kom steel het – nou weet ek nie waarom die laatheid van die koue-seisoen my aan jou laat dink nie? Is dit die potensiaal of die onbekende van veranderlikheid; is dit jou weggaan óf die kilheid van jou leë spasies, die woordlose […]

Lees meer

Plengoffer – Eduard Smith

Ken julle die plengoffer wat aan die bodem van my glas kleef: daar skarrel asems in klein korrels teen die buitewand wat in plaste niks versamel lê. ‘n Losspel vandag maak groot treë weg van die opening in die bottel wat kurkloos vir volmaak(theid) wag. Soos ons lewe en laat leef hang goeie voorneme meters […]

Lees meer

Klong (Hoofstuk Nege) ©Eduard Smith

“Kan ons asseblief alleen praat?” Francois trek vir Dreyer aan die arm teen die trappies af. Dreyer draai sy kop en praat hard oor sy skouer. “Annemarie, jy gaan nêrens heen nie. Ek kom nou terug dan móét ek met jou praat.” Francois loop vooruit en Dreyer volg tot hulle aan die verste punt van […]

Lees meer

Beswaar ©Eduard Smith

Jy sê my pen skryf deure oop wat vir jou allig soos hemel lyk; ‘n plek waar roes en rot nie verwoes nie, waar binnekeelklanke die strome van rus kan word – ek maak kapsie want ons Dawid emosies en steel aan die reeds geskrewe dit wat was sal weer wees en ek ontbreek aan […]

Lees meer

Klong (Hoofstuk Agt) ©Eduard Smith

Toe die foon lui trek sy keel behoorlik toe. “Wat gaan hy vir Dreyer sê?” “Hello…” “Haai jy. Ek hoor julle is by die huis. Hoekom het jy nie laat weet nie dan kon ek ook deurkom.” “Eh…eh…Annemarie wou jou ouers sien en jy weet mos ek is die aangewese bestuurder. Ek het nie eens […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed