Gebonde in blou – Eduard Smith
Jy framboos as ek eerlik is
en sê van die mooiheid
waarmee jou kyk
my tydig gebonde hou;
in die blousel daarvan
verdrink ek gedurig,
gedurig as die son
oor ons sterf in karmoesyn.
© Eduard Smith
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2019 projek - Kleur