Jongste aktiwiteit:

Smag na groen gras

‘n Mengsel van kleure
kleur die mooiste kleurplaat
in die natuur in
stop en kyk en sien die hele prentjie raak

Groenigheid is ‘n simbool van vrede
‘n simbool van lewe
gras en blare
groen is die kleur van liefde

Dit is ook ‘n kleur van dood
wat vergaan in die winter
Hy laat my neerlê in groen weivelde
is elkeen wat glo se begeerde

Waarom dan groen wees van jaloesie
word weggevoer in die groen glans
die oop vlaktes die berge
voel alles groen-sag en strelend




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed