
Toe die Ysterpere val
Citatoloco, malbaartjies wat chronologies
onder cumulus malbaar
chicaneer mefities
die dekorum de’ corpus,
alles indubio op die meent
ingewortelde mense in pantonomie
‘n fresco van Mammon,
Ligtekooie met klaprose
klik-klak megalomonies
en die uilskuikens wat die chronometer
met handgranate aan die sagmoediges verkwansel
sodat hulself in die stilte swymel
en die gepopel versag
vermurwe oë wat die rooibaaidjie brigade
met gebolde vuiste swets
sodat die kakofonie die
teofonie verblind, terwyl die ysterpere val
en in der-daad
of tot en met daad
die donker saad
wat ysterpere vertaal
ons siel défaitis,
in die magasyn van die Aarde degenereer.
©Morné du Preez
(hierdie was selfs ‘n moeilike een vir my wil deurbring die geveg tussen die siel met hoe geld ons verblind.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.