En nog ‘n stukkie bog ©Eduard Smith
“Watse tieping mens is jy?”
“Tieping?” ek met ‘n frons.
“Ja”
Seker die soort
wat die woord-lui
met die spelfoutmaker
alte holderstebolder
deur die gat jaag
daar waar ‘n woordeboek
op die rak ontbreek –
seker die soort
wat peins en huil
saam ‘n trots’ woordmaker
alte holderstebolder
in Afrikaans.
En nog ‘n stukkie bog:
“Dit maak nie saak hoe jy hom praat nie,
dié taal bly jóu taal.”
©Eduard Smith 2020
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Tja, dit bly hy: Joune. (En ook myne.) En as joune en myne nie altyd ooreenstem nie, dan bly dit elkgeval ons s'n. (Hopelik nie onsin nie!) GvT