
raka staan op
oor my duin hang daar ‘n doodsreuk
goeie vangste se oorblyfsels word verbrand
uit die digte reuk kombers staan daar iets op
sy vier koppe en agt pote reik ten hemele
sy teenwoordigheid kan jy met ‘n mes sny
dit kleef aan elke kledingstuk en meubelstuk vas
jou neus voel soos ‘n stofmasker wat verstop is
sy stert word weg gestroop deur die ligte seebries
waarvoor almal so dankbaar is
mag daar elke dag ‘n seebries
opkom en die draak
weg waai
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.