‘n Towerspreuk
Gee my Hoop vir ‘n nuwe dag
gee my ‘n stukkie Lente
om die donkermaan
weer helder te laat skyn
Gee my die somer
om die skadu’s in my hart
te laat verdwyn
om die onweerswolke weg te vat
Gee my herfs
gee my meer om te verstaan
gee my ‘n kans
om saam met jou te kan dans
In die koue van ‘n winters’wens
die tyd weer terug te draai
die horlosie te stop
ek wens ek kon…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.