
samesweringsteorie
berigte swiep heen en weer
elke een met sy eie statistieke
sneeubal die getalle tot onkeerbaar
mense raak opgesweep en harte begin bewe
ander skud weer af soos ‘n eend van sy gladde rug
“what will be, will be” sug hulle dan en gaan voort
“so is die lewe” sug die ou omies en tannies
wat in elk geval niks meer daaraan
kan doen of daaroor kan bekommer
dan breek die nuus:
o gaats daar is werklik moeilikheid
dit kom nou na ons kant toe met ‘n spoed
wat maak ons nou, liewe vriende
waar is julle dan nou
julle was nou net
hier neffens
my
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.