Oor grense heen
Ver verby hierdie blou berge
anderkant die kranse
waaroor die wolwit wolke lê
doeriekant van die Karoo
tussen die Gariep en die Vaal
daar waar jou spore dwaal
oor die wye vlaktes wat altyd wag op reën
daar sien ek jou in geestesoë
tafereel ek jou in beelde en in denke.
Jou velskoen trap ’n paadjie oop
wat al verby die plaasdam loop
(laasjaar, dié tyd was dit vol en blink en blou).
En ek bid vir jou ’n storm –
een wat ek in hoop se naam gebied
om elke druppel in haar waterspens
oor die dorskreet van jou hart te giet.
© Carma Shaw
30 Januarie 2019
8:34
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.