Mense ken my as ‘n hoer en my suster dink ek’s mal. “Sewe duiwels dans om my; Here, ek het al weer geval.” “Laat haar staan,” het Hy gesê, “sy’t gekies om by My voete te lê.” Hy het my opgetel en van vergifnis vertel. My kruik het gekraak (soos my binneste) en ek het […]
Versoeking kom klop mos altyd aan jou agterdeur in die nag. Die nagte wanneer die maan weier om sy valse lig deur jou vensters neer te stort en selfs die sterre agter stormwolke wegkruipertjie speel. Ek praat van daardie nagte wanneer dit selfs nog donkerder binne-in jou is. Dis in daardie duister waar die duiwel […]
my lyf is ‘n tydwrak in jou hande van vergeet – jou hande kon eens die ritme van woordkuns weergee die plofstof het verdamp in ‘n eensame sug en verlange is die hoop wat ons liefde isoleer die tasbaarheid van tyd se wysers is die winterkuil waarin ons skuil my lief, jou afwesigheid is rein […]

ek stuur vir jou ‘n poskaart uit Praag sy beeld word in ‘n papierboot gevou en sy boodskap dra oor die Donau ek hoop dat sy kleur jou sal herinner aan die sonsakgeur van laatnag vonkelwyn waarin jou glimlag so graag in die voordagdou sou verdwyn en jou trane my vloei van rigting word tot […]
Ek sit nou die dag en dink nadat ‘n telepes* my vir die sestiende keer in 24 uur geteister het: “In ‘n wêreld vol potlode is daar darem maar wraggies ‘n spul vetkryte.” Die vetkryt spook toe heeldag by my, amper soos die Guptas se gevreetjies in Zuma se gewete. Dalk is ons almal nie […]

in die eerste straat het sy kaalvoet in knersende koue gestaan – haar lyf verkoop vir ‘n snotvreter en couch potato se voortbestaan in die tweede straat het sy in bose bottels verdrink en voor sy omkap die laaste druppel witblits geskink in die derde straat het sy soms oorgeslaap onder plafonoë se flikker wat […]

Hulle sê mos mense wat nie vloek terwyl hulle bestuur nie, hou duidelik nie hulle oë op die pad nie. Ek praat nie van al die slaggate wat groter as ons president se fire pool is nie, maar eerder van diegene wat skielik agter ‘n bos uitspring, jou na jou asem laat snak en jou […]
in die eggo van “ek ken jou nie” waar godverraai soos ‘n hanekraai deur perforasies blaai hóór jy my? my woorde skeur uit ‘n Genesisgeskrif waar jy my begin toeskryf as niks daar het my bloed óók oor ‘n kruis geloop tot in jou Openbaringsoë en letter vir letter elk’ gebed verpletter en ek vra: […]

sonder om my letters te kompenseer het jy my sinne soos ‘n epigraafgod moeisaam gemoduleer – reëls in vers gekomponeer strofes gesinkopeer deur ril-resoneer maar, kyk! daar val ‘n veer my pen het met Vryheid gekopuleer en sy rebelse ink oor blaaie g e ë j a k u l e e r

o, engel jy met gebroke vlerke wat in die stiltes standbeeld in eens gewese paradysgalery; meesterstuk van soorte is jy in die skadu’s van jou – selfgestruktureerde – lugversorgde donkergraf perfekte klanke van n u t t e l o o s h e i d weergalm deur jou ywerbid langs ‘n vergulde altaar daar […]

