Jongste aktiwiteit:

VERDAMP

my lyf is ‘n tydwrak
in jou hande van vergeet –
jou hande kon eens die ritme
van woordkuns weergee

die plofstof het verdamp
in ‘n eensame sug
en verlange is die hoop
wat ons liefde isoleer

die tasbaarheid van tyd se wysers
is die winterkuil waarin ons skuil
my lief, jou afwesigheid is rein
en my bloedbevlekte hande
deurboor met spyt

© Francois Meyer




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed