Oorwinning (OPDRAG 2)
In war gemoed
waar jy pal na labirint-antwoorde soek;
irrasioneel – redelik verdwaal
met denke motgevreet
en voosgetrapte wil;
ploeter jy onbewustelik, salig voort
na ‘n selfgekose doodspoort.
Skrik betyds wakker
besef jy woeker in verkeerde akker;
trek skoene van bereidwilligheid aan
beklee jou in nuwe hoop
omgord met vaste wil;
sodat jy beur na oorwinningsvrede
weer ‘n doel kan vind vir voluit lewe.
@Driekie Grobler
(16/7/2018)
11 Kommentare
-
-
Barbara
mooi geskryf Driekie!
-
Loretta Szikra
Goed gepen Driekie!
-
Carin Erasmus
diep raakslaan woorde! Uitstekend!
-
Callie Vermeulen
Pragtig Driekie. Hou van jou woordspelinge.
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elroux
Goed gedoen Driekie