KAMELEON (OPDRAG 2)
KAMELEON
blink geskoen glad gepars
wit boordjie skree ek’s heilig uit
mooi trap reg trap
sjarmante heer als in beheer
uit jou hart so kliphard duifsag koer
gewortel in soutsuur stroopsoet woorde
die wêreld vol uitbasuin
volmaakte heer volmaakte man
volmaak soos jy in jou blink skoene staan
maar niemand ken jou ander sy nie
die monster wat in dieselfde liggaam bly nie
waar hul nie sien vertoiing jou sjarme
jou stem verniel en jou vuis verflenter
jy verfrommel met krag net oor jy kan
jy verneder jou kinders en foeter jou vrou
en dan terwyl hul nog geskok gefetus snik
stof jy jou breë blink glimlag af
en vee jou hare glad en plat
© – Barbara Smit 16/07/2018
7 Kommentare
-

Driekie
Baie mooi gedig, Barbare, wat 'n hartseer, maar werklike verhaal, van ons samelewing vertel.
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-

Elroux
Goed gedoen
-

Loretta Szikra
Goed gedoen Barbara -, vir al die rugraatlose wurms daarbuite.
-

Callie Vermeulen
Pragtig Barbara.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Goed geskryf, Barbara.