Ons dans die pad (opdrag 2)
Jeug, jy met jou rooi leerskoene
en kolletjiesrok…
saam het ons die lewe laat rock
snags deurgedans op fyn polfytjies
– soms kaalvoet op tafels
by studentepartytjies –
ons het vreugde en vryheid
van jonkwees gesmaak
nie bekommer dat môres
ooit minder sou raak
deur die jare heen steeds my metgesel
enkeld-tesaam met ons rooi skoene aan
tyd het uiteindelik ook wysheid gebring
met ootmoed kan ons oor die lewe besin
ons dans nou wel stadig, die treë afgemeet
die skoene al gaterig, die rooi effe bleek
maar gemaklik, in pas, met tone soms kaal
– saam dans ons steeds ons lewensverhaal
©Estelle Rubow
16/07/2018
7 Kommentare
-
Driekie
Wow! Dis vir my 'n pragtige gedig hierdie, dit lees lekker en skets 'n mooi, jeugdige, treffende prentjie.
-
Elroux
Pragtige gedig met passende ritme Estelle.
-
Loretta Szikra
Baie mooi geskryf Estelle.
-
Callie Vermeulen
Pragtig 'gedans' Estelle.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Welgedaan, Estelle 😃