ABORTUS EX PECCATI
in die eggo van
“ek ken jou nie”
waar godverraai
soos ‘n hanekraai
deur perforasies blaai
hóór jy my?
my woorde skeur
uit ‘n Genesisgeskrif
waar jy my begin
toeskryf as niks
daar het my bloed
óók oor ‘n kruis geloop
tot in jou Openbaringsoë
en letter vir letter
elk’ gebed verpletter
en ek vra:
God, hóór Jy my?
4 Kommentare
-
-
Inkmoderator
Francois, die inhoud van jou vers is aangrypend, woordekonomies, kragtig en bondig-treffend. Ek verstaan egter nie waarom jy op hierdie titel besluit het nie. beteken dit 'Aborsie is sonde?' of het ek die vertaling verkeerd? Miskien kan jy in 'n inboksboodskap net vir my verduidelik hoekom die titel. Met die res hiervan vind ek geensins fout nie. Die is werklik nie nodig vir krit nie. Skryfgroete IM
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ila
Mal oor dit!