Jongste aktiwiteit:

Jy in my Wese

Die nag daal neer in swanger stilte…
baar ’n wonderwerk van sprankelende sterreprag,
jou stem, jou lyf, jou diepste siel – vannaand.
En soggens, as die nag wyk voor die gloeing, op die oosterkim
vlug jy terug in spookbeelde na nêrens
as die dag begin…

Die nuwe dag breek oop in felle barensnood…
en skroei die aarde van my siel dordood
jou lyf is weg en net die rou van saamwees draal
tussen newels van realiteit en dwaal
lewe ek…

Laatmiddagstilte temper my gemoed…
die wete dat die nag sy oorvloed stort en voed
met jou, wat netnou terugkeer
en ek verdrink in ’n kolk van swanger afwagting
ek lewe weer vannag.

© F Jansen van Vuuren




8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak