Jongste aktiwiteit:

Poskaart uit Praag

ek stuur vir jou ‘n poskaart uit Praag
sy beeld word in ‘n papierboot gevou
en sy boodskap dra oor die Donau

ek hoop dat sy kleur
jou sal herinner aan die sonsakgeur
van laatnag vonkelwyn
waarin jou glimlag so graag
in die voordagdou sou verdwyn
en jou trane my vloei
van rigting word
tot waar die reën oor Boedapest
sag-sag neerstort

*Foto: ek en my selfoon in Praag (Mei 2018)




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed