Oorvol liefde
Oorvol Liefde
Ons skryf ons biografie op ou verbleikte blaaie,
Oral lê die foto’s van gister in die laaie
Laat in die nagtelike ure bou jy liefdes mure
Ons vonke maak gloeiende rooi vure.
Uit die swart holte van jou mond,
Kom die soetste woorde
Sonsopkoms skryf ons nuwe akkoorde
Dis in jou oë wat ek verdrink elke keer
Oor dors soek ek meer en meer.
Jou vingerpunte, lees in die skadu van die nag my lyf
My hart is vir jou tydelike verblyf
Daar is genoeg kom ons begin van voor
Soos oorvol bekers loop ons liefde oor.
Charne Harding 02/07/2018
2 Kommentare
-
-
charne
Dankie, eerste keer nog so baie om te leer. Wardeer enige raad
-
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek