Jongste aktiwiteit:

Vasgeanker in Jesus

Die uiterste vrede
wat jou binnestes volmaak
en die uithoeke van jou soeke
wat rotsvas geanker
in die veelvoudige liefdes oseaan staan

gees gevuld in Sy vrede
die wete
jy is welkom in Sy hawe
om tot land te kom
wanneer die oseane se gevare
die branders van jou bestaan
deurmekaar slaan
en die golwe bedorwe brand
in die hart van jou verstand

om vasgeanker te wees
in Jesus
wanneer die aanslae ontstuimig
om jou losbreek
en jy jouself kan berus
in die hoeksteen se fondasies
van Sy ewige vestings.

© 2018 C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed