Jongste aktiwiteit:

DIE SKEPPING VAN ‘N STRAATVROU

in die eerste straat het sy
kaalvoet in knersende koue gestaan –
haar lyf verkoop vir ‘n snotvreter
en couch potato se voortbestaan

in die tweede straat het sy
in bose bottels verdrink
en voor sy omkap
die laaste druppel witblits geskink

in die derde straat
het sy soms oorgeslaap
onder plafonoë se flikker
wat wispelturig aan haar raak

in die vierde straat het sy
verstik aan giggelgraswalms
en wanneer sy wuif sien jy
die brandmerke aan haar palms

in die vyfde straat het sy
met ‘n bordjie gestaan:
“aaseblief net vyf rant,
‘n biekie hulp en virstaan”

in die sesde straat
was haar kleed geskeur…
deur haar bloedsweet en aanbeur
word eyeshadow bliksemblou

in die sewende straat
het sy kerk toe gegaan
en uit ‘n doopbad as
nuwe Eva opgestaan

die agste straat was goudgetooi –
toe sy haar hemelpozzie binnegaan

dit was my Openbaringsdag:

hoe durf ek oor die lewe kla
en ander aan kruise hang?




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed