Ek pak vir jou ‘n kaggelvuur van wingerdhout en dennekeël, vleg ‘n repie van die son se geel en die rooigoud van laatherfs se kleur so skelmpies daardeur, ek wens jou ‘n glühweinseisoen kwistig ge-troosspesery met sitrusgeur en pypkaneel, en iemand om die snoesigheid héél winter mee te deel! ©️Elize Kruger 28 April 2023

Haar lyf is skurf van stof en roet tog hang daar botsels aan haar loot ons skeur haar oop met skaar en ploeg sy antwoord ons met lewensbrood sy gee veel meer as wat sy vra terwyl sy ons venyn verdra ‘n troefkaart uit die Skeppershand, redeloos, maar verhewe bo wie gedeel is met verstand, […]

Berg-op, by ‘n uitkykpunt was daar so ‘n tikkie deja vu die herontdekking van die mooi was asemrowend, net soos ons dit toekatyd beleef het, maar so baie het verander en die mistige onthou was net effentjies nostalgies, eintlik glad nie blou nie, want in my leef die wete jy gaan waar jóú kompas lei […]

Dis magies my lief, as reëndruppels in vlae oor die Boesmanland se son- en windverweerde lyf neerplof, en diep uit haar dor porieë stoom die eg aardse boeket van rots en vergane dierereste versny met dié van botterblom, blousporrie, kokerboom en stof, wat mens net vir ‘n oomblik, net vlíétend, laat vergeet hoe wanhoop in […]

Bo teen die hang wou immergroen al die proteas oopbek soen, bloekombos het die diens gehou toe bergwater met spoelklip trou, haar ruiker was van aronskelk aristokraties, wit soos melk, fynbos, die plaas se kaalvoetkind het heide om haar heupe gebind en gereëndans met die westewind In die boord het pruimedant en appelkoos rooihakskeen oor […]
Soos doekpoeding, gestoom in Keulse linnedoek met pypkaneel en neutmuskaat uit ver Malei gespesery, sultanas en korente uit die stormkaapvallei, vir skóp ‘n leksel brandewyn uit Cognac se kontrei, deur tien dekades saamgedra met hier en daar iets aangepas, glanskersies vir ‘n bietjie kleur nog gemmer vir die ékstra geur en net vir pret sommer […]

Oor jou sandverhogie langs die vlei gaan die middagson sy trae gang, ‘n voetpad kronkel teen die hang waar rondvet beeste vredig wei. Uit ‘n politoerblikramkie tokkel jy ‘n wysie wat my laat verlang na kindwees se stoftrap en sang en onskuld lankal reeds verby, maar jou danspassies het my ontgaan op my reise na […]

Die boordbome kon kwalik hul skaterlag insluk toe lente onthuts haar hande oor die wind se tuitbek druk genoeg is mos genoeg nou, het sy beslis gesê en ligpienk bloeiselsoene op hul takke neergelê sy’t loof met haar groen vingers om die wingerdstok geweef, en skielik was die groeiseisoen oraloor fluks op dreef die bont […]

Ek was nog in my winterjas toe ek ‘n rooiborsie hoor roep van ‘n kaal tak in die vyeboom, en toe ek bietjie nader gaan het ek gesien daar is sowaar ‘n klein groen vrugbeginsel aan! ©️Elize Kruger

Daardie oggend toe ek wakker word het ek oudergewoonte aan jou gedink, ek wou nog bietjie vashou aan die heimwee wat al vir so lank my koffiemaat met dagbreek is totdat slaap my in die klein ure van die nanag weer laat ontsnap uit die boeie van sênoumaars, wat-asse, en die swart onthou van brûe […]

