Jongste aktiwiteit:

Melancholiese Mosaïek

Stukkie stukkie, skerwe gebreuk golwe wat ritmies slaan en slaan vorm gate in lewensmure swaarmoedig, mismoedig, droefgeestig, trietsig, kranksinnig en bedroef kom die golwe van melancholie Stukkie stukkie, aanmekaar gesit uit skerwe opgebou, nuwe portret vul Reddende Hande, met korale al die lewensgate blymoedig, uitbindig, hoopvol, vreugdevol en vriendelik Melancholiese golwe platgeslaan dankbaar vir elke […]

Lees meer

Drenkeling

Seile in die wind gebol boeg klief deur bruisende branders epiese kabaal, loop op koraal net een drenkeling het die land gehaal Mensdom plesier gebol klief bruisend deur die lewe op pad na ewige verdriet nog een drenkeling deur genade gered. @Lenel

Lees meer

Spore

Duisternis verbreek begin van nalatingskap aarde in wentelbaan gerig alles hier ‘n nalatingspoor Ruimte gevul met sterrespoor versteende stomp en dinosourus in klipfossiel vasgespoor berg en dal, vulkaan en gletser in die spoor Lewensspore versamel vanaf eerste treë lewensvaart se spore agtergelaat wêreld ken jou wel en weë in spore gelaat verhaal van al jou […]

Lees meer

Lewensdraad

Gespan om die kamp elke hektaar toegekamp snaarstyf doringdraad hoekpaal, ankerdraad skeidingsdraad grense bepaal Geroeste draad met ouderdom ankerpaal en spar verbrokkel met wind en weer lot verseël vernietig met vuur nie meer gepaste skeiding grense onbepaal Growwe Hand rustig ingespan vervang gebroke paal en geroeste draad skitterblink nuwe draad grense weer bepaal hart en […]

Lees meer

Silwer

Uit klip versamelde erts vysel gestamp dooie stof kroes gesmelt edelmetaal gesmee deur smid in plate skitter silwer, nuwe vorm lig uit silwerkandelaar Uit water versamel donkerwolke stukkie oseaan silwerlewende water blitse slaan val silwer druppels gesmee in silwer vlae van reën donkerwolk silwerrand skitter lewe silwer na die reën Uit silwerstof gevorm Meestersmid silwerdraad […]

Lees meer

#geliefde selfoon euwel

Met die tik van ‘n vinger vertoon towerbeelde en ‘n wonderwêreld , data spoed deur optiese kabels met die spoed van lig versamel almal se wonderdade in wolke wat nie eens een druppel reën gaan bring hutsmerke en deesdae ook potgooiery verskyn in werwe waar geen skepe sal anker gooi Gesigte, drome , stories, nuus […]

Lees meer

Komeetverwyderd

Stippel opgemerk Kol kom al hoe nader Komeet verskyn Kop en stert Kop sonder oog in die ruimte stert sonder murg maak wye draaie ken al die planete laat geen spore vryval deur die heelal Komeetverwyderd te min Sondevergifnis so ver as Oos na Wes @Lenel

Lees meer

Geleende Veer

Skouspelagtig daag sy op pragtig afgerond geklee met ontwerperskeur en fleur asemrowend tower sy die feëverhaal met geleende veer Valse waarheid glasskoen verloor tinktinkie-lelik en onafgerond sonder geleende veer @Lenel

Lees meer

Skadu Inspirasie

Skadu’s teen die muur “Die donker kom van buite en syfer deur die ruite en ek gooi nog ‘n paar kole op die vuur” (Koos du Plessis) Skadu’s nimmer eindigende gevolg by flou kerslig groot, verwronge en absurd kan jou groot laat skrik of sommer heel insluk Gooi, gooi nog kole en nog meer vlammende […]

Lees meer

Verlang

Was bedrupte kers flikkerende vlam vat terug gedagtegang Soek jou in die môre douvoordag Soek jou saans donkernag Soek jou oral in gedagtegang Traan bedrupte oë flikkerende gedagte gee terug gedagtegang Kry jou in die môre ek verlang Kry jou saans, meer verlang Kry jou in gedagtegang, meeste verlang Reis ek met jou meë brandende […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed