Visitasie kom plas met my saam in die Eros-poel van genotservaring wat heilig spoel oor gladde klippies van liefde rein en wat vir ewig mag aanhou as liefdesrefrein kom kurkprop en duik ook saam met my waar die hartstog in die kuile van Eros bly maar getemperd deur respek en selfbeheer die sinlik’banale uit die […]
Verlies van geheue Twee doodsgordyne wat eens oë was en jeug se lewensglans word dowweglas; verstar sielloos, sienloos verby my blik sinstorend in onbegrip verstrik. Verward, verdwaal, het ek haar tog gevind met min onthou (in son se bloedig’ heet met kaak geklemd en hare ongebind, die rug verkrom) my en my naam vergeet! “Kom […]
Die skeefloop van krappies kan ʼn mens nog verstaan maar skeelheid van ogies staan ‘n mens mos nie aan en die miskyk deur ons van ons naaste se leed is die liefde-gebod wat ons dikwels vergeet

Aan die einde van die dag kom ek staan om bewonderend te kyk na die maan wat druip bo die son wat rand-oor verdwyn in eiesoortigheid van gode-skyn. En in kleur van dié aangeslane goud, voel ek ‘n sielsverlange skielik koud soos die wegslaan-asem van die winter toe die son oor verre rante splinter. (Ek […]

Ek is die opbreek van die koue ná die stille wintergroei, wat met wonderverf die groue weer opnuut tot kleur laat bloei. Ek trippel in my lente-skoentjies agter verfkwas-feetjies aan; verby die geur van rooi kalkoentjies in die skemer van die maan. En saggies trappend op die grassies sny kaboutertjies my spoor na die vaal […]
En jy vertel vir my tog só bitter graag -met adres agter-op dié ou koevert!- van tienderjare-gissings en die vraag na jeug se droom: “Is dit nog ietsie werd?” Maar sou jy (…ás jy nog my briefies hou…) dalk, net dalkies(!) die toekoms-in onthou van die stortvloed van woorde wat getrou met hartklopliefde aan jou […]
Ek jaag my denke hôi om onder tuig te kom en bloots ry ek die eons om wat wyd t’ruglê – só blikners seer! Soos gister nog, voel ek die bandoms in my sak; die kettiemik uit doringtak wat gom laat drup uit snye seer; ek sien die skemering sag op die aarde val en […]
Die vinkies nes dié lente laag oor droё, dorre, doodlê-dam en vogloos waai die wind aaneen in dwarrels wat met son-heet vlam. Dié reёn-seisoen se skrapsigheid het bruut die ysterklip ontbloot en oor die barheid van die veld ’n waterskaarste-dood gestoot. Elders wroet en wring sandhose óp deur ariede vaalgrys-blou asof in soeke na die […]
Tant Sannie was ʼn goeie en geliefde mens wat alles in die oortreffende gedoen het. Niks aan haar was skamel of matig nie. Net soos haar lywigheid was haar menswees. As sy ʼn ligte kuggie sou gee, het oom Koos maar uit opstandigheid van irritasie gaan pêre omloop vir inspan dokter toe. Sou sy per […]