Verlies van Geheue
Verlies van geheue
Twee doodsgordyne wat eens oë was
en jeug se lewensglans word dowweglas;
verstar sielloos, sienloos verby my blik
sinstorend in onbegrip verstrik.
Verward, verdwaal, het ek haar tog gevind
met min onthou (in son se bloedig’ heet
met kaak geklemd en hare ongebind,
die rug verkrom) my en my naam vergeet!
“Kom help, ek soek al heeldag na my ma…”
teem sy met oё starend in die niet.
“Maar waar was Ma?” het ek benoud gekla.
“Kom, laat ons huistoe gaan!” het ek gebied.
…En so het ons -deur Alzheimer’s venyn-
tot met haar dood ons ma’s bly soek in pyn…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.