Visitasie
Visitasie
kom plas met my saam in die Eros-poel
van genotservaring wat heilig spoel
oor gladde klippies van liefde rein
en wat vir ewig mag aanhou as liefdesrefrein
kom kurkprop en duik ook saam met my
waar die hartstog in die kuile van Eros bly
maar getemperd deur respek en selfbeheer
die sinlik’banale uit die psige weer
kom waad met my tussen palmiete van trou
sodat ek in oudword nog jou lag kan onthou
as teenvoeter vir die klatergoudstof
van wellus wat ook maar later verdof
kom swewe as adelaar hoog saam met my
by die skemerblou van assuur verby
om same die eenword van liggaam en gees
sinlik tog sindelik vir ewig te fees
ja ek nooi
kom visvangerduik in onbekendheid van diepte
saam met my terwyl die sagte geruis van die riete
die kalm vlak van emosie laat rimpel tot golwe
wat sterre verskiet uit vier oë bedolwe
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.