Kom ons stap saam op die pad van sy woorde ‘n Ode verewig in ink en naam ‘n skilder van woorde besielend boeiend ‘n pleister vir menig siel agter elke traan van wanhoop en pyn in ‘n mensdom se lyding vloei die ink van hoop wat elke letter skilder terwyl woorde in die skerm van […]

Kyk of jy vir my die stilte kan bring daar is ‘n plekkie in my hart waar die stilte wil indring Die lewe se geroesemoes laat my stil staan ek moet luister hoe die stilte vir my fluister Met dagbreek die son se oggendgloed wil my begroet so vars en soet ek is verbyster die […]

In die oggend skemer van ‘n witgekalkte plaashuis staan ouma en luister na die geprut en die lot van ‘n skaap skenkelpot In haar plaaskombuis wil sy vreugde put terwyl haar binneste bid want haar vuurherd is vir haar veel werd Dit is skuins teen dagbreek die reuk van varsgebrande koffiebone moer laat oupa skelmpies […]

Oor wyd uitgesterkte karoovlaktes speel die wind met my gedagtes in my denke ‘n skans terwyl ‘n karooson op die horison sy finale swanesang dans met oë… soekend na die weg waar ‘n tolbos teen ‘n karoowind veg om hom te verlos wil my denke…vraend wonder na die weg wat jou nalatenskap ons in nostalgie […]

In ‘n bovetrek in Jerusalem heers ‘n gewyde stilte ‘n Messias staar voor Hom uit en worstel met ‘n eensame liefdes gedagte ‘n Gekose twaalf sit aan tafel saam met hul leermeester begeester deur jare se leringe en herinneringe In die skadu van die aand glimlag ‘n dissipel skelm en verwaand ‘n bose gedagte word […]

Met Jeugmaand vieringe gedurende Junie in gedagtenis, plaas ek met liefde die volgende gedig ter herinnering aan aan die 22 074 kinders en meer as 3000 vrouens wat hul lewens opgeoffer het in konsentrasiekampe tydens die Anglo Boereoorlog gedurende 1899 – 1901. Ons Jeug is ons toekoms. Roet en Bloed My geliefde land in rook […]

Ou Kambroland In die verte van my oë strek ‘n Groot Karoo ‘n dorre aarde waar geduld vrugbaar teel aan ‘n eie liefde wat menig hart tog steel ou Groot Karoo kom deel met ons jou kambro laat my tog jou heilgdom betree waar jy my gemoed magies kan skoon vee ver staan ek en […]

Moeder Taal….Afrika Taal Aan die suidpunt van Afrika breek ‘n nuwe dag oor horisonne heen…‘n nuwe hoop vir ons… ‘n eie taal die genesis van ‘n taal, nog altyd verberg om bekeerd los te breek, opsoek na sy eie eer Diè taal is ‘n kind van Afrika oor grense heen geliefd en gekoester vir almal […]

Tyd Gister is alreeds verby Môre moet nog kom Vandag moet nog geleef word Nou is die oomblik van waarheid ‘n oomblik van Tyd ‘n Lewe geleef op hierdie oomblik van waarheid is ‘n skeppingsoomblik vol genade Elke oomblik van Tyd is ‘n meesterstuk vir ons om te kies watter skakerings van ewigheidswaardes om in […]

Die Liefde Soos ‘n hert wat smag na stille waterstrome so smag die liefde in sterk lewensstrome na respek en aanvaarding vir sy vele opoffering Van kindsbeen wil hy ons betower met ‘n verlange wat ons harte verower terwyl sy selfsugtigheid kenmerk ‘n Hemelse waardigheid Kennis en rykdom gee mag maar die liefde maak sag […]



