Ou Kambroland
Ou Kambroland
In die verte van my oë strek ‘n Groot Karoo
‘n dorre aarde waar geduld vrugbaar teel
aan ‘n eie liefde wat menig hart tog steel
ou Groot Karoo kom deel met ons jou kambro
laat my tog jou heilgdom betree
waar jy my gemoed magies kan skoon vee
ver staan ek en staar in jou ewige geduld
jou geduld wil ek vir altyd duld
Terwyl jou somers in my are gloei
het jy elke dag al hoe meer in my gegroei
van kindsbeen af leer jy my jou uiterste
‘n grootheid wat my lei tot die Heiligste
In jou vlaktes sien ek ‘n tolbos rol
terwyl ‘n aalwyn sy pad versper
in die verte skyn jy trots jou aandster
‘n karoodag wil in die verlede tol
Ou Karoonag jy wil my siel bevry
terwyl jou sterreprag my sig ontvou
jou karoonag gun ‘n moredou
ou Kambroland laat jou lammers wei
Petrus JS Vermaak
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Peet let asb dat ons net 1 opleiding/krit per week toelaat per lid asb. Dankie vir jou mooi plasings