Te lig bevind
Ek is geweeg, te lig bevind.
Jou uitspraak, so blind.
Menswaardigheid gebreek
deur jou stem gespreek.
Jou woorde weergalm koud,
delf op vernielde sinne van oud.
Krap oop wonde wat wou heel,
los verstikkende verdriet in my keel.
Durf ek nie huil, jy vind dit as swak.
Loop ek met ‘n masker op my gesig geplak.
Terwyl lood my hart uit posisie skeur,
En my siel uitroep met alle verweer.
Magteloosheid trek ‘n knop in my maag.
My besluit, laat die nootlot maar behaag.
Wat maak my bestaan elkgeval saak?
Als wat ek is los in ander ‘n gal smaak.
Paula Paxton
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.