
Moeder Taal….Afrika Taal
Moeder Taal….Afrika Taal
Aan die suidpunt van Afrika breek ‘n nuwe dag
oor horisonne heen…‘n nuwe hoop
vir ons… ‘n eie taal
die genesis van ‘n taal, nog altyd verberg
om bekeerd los te breek, opsoek na sy eie eer
Diè taal is ‘n kind van Afrika
oor grense heen geliefd en gekoester
vir almal om te bemeester
‘n helder ster in die hemelruim van Afrika
In jou aardse liefde is ek lewe gegun
‘n Geboortereg wat niemand my kan ontneem
‘n Erfreg wat my nooit sal vervreem
Afrikaans, ek is vir ewig jou kind
– Petrus JS Vermaak
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 - Poëtiese orde projek