
Tyd
Tyd
Gister is alreeds verby
Môre moet nog kom
Vandag moet nog geleef word
Nou is die oomblik van waarheid
‘n oomblik van Tyd
‘n Lewe geleef
op hierdie oomblik van waarheid
is ‘n skeppingsoomblik
vol genade
Elke oomblik van Tyd
is ‘n meesterstuk
vir ons om te kies
watter skakerings
van ewigheidswaardes
om in te kleur
Elke oomblik van Tyd
is vol keuses
verkeerd volgens my wil
reg volgens God se wil
Elke oomblik van Tyd
bepaal jou ewigheid
‘n bestemming met
‘n keuse
Elke oomblik van Tyd
is ‘n geskenk van God
vir ons
om dankbaarheid
te kies
– Petrus JS Vermaak
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.