
Stilte ( Brons afdeling)
Kyk of jy vir my
die stilte kan bring
daar is ‘n plekkie
in my hart
waar die stilte
wil indring
Die lewe
se geroesemoes
laat my stil staan
ek moet luister
hoe die stilte
vir my fluister
Met dagbreek
die son se oggendgloed
wil my begroet
so vars en soet
ek is verbyster
die natuur se minnesangers
wil in my ore fluister
Daar is spore in die sand
op ‘n plaas in die Klein Karoo
in die land
van die spekbos en kambro
die spore van my
wat stry
bely
teenoor my gewete
Verbyster
wil ek luister
na die natuur se klanke
wat my denke
streel
verseël
in hul raad
in die spore wat ek nalaat
In die boomtoppe
sien ek reendruppels
dans
so boeiend in hul eie glans
hul gefluister
wil my hart verseël
in ‘n Hemelse seën
Kyk…
Ek het dit gevind
dit wandel in die aandkoelte
my siel word verkwik
in Hemelse geluk
die Ware Stilte
in Hemelse Liefde
– Petrus JS Vermaak
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie dankie vir die pragtige gedig Peet, maar net 3 inskrywings per afdeling per lid word vir die maandelikse projekte toegelaat