Jongste aktiwiteit:

Ouma se plaaskombuis ( Brons afdeling)

In die oggend skemer
van ‘n witgekalkte plaashuis
staan ouma en luister
na die geprut
en die lot
van ‘n skaap skenkelpot

In haar plaaskombuis
wil sy vreugde put
terwyl haar binneste bid
want haar vuurherd
is vir haar veel werd

Dit is skuins teen dagbreek
die reuk
van varsgebrande koffiebone moer
laat oupa skelmpies loer
na waar ‘n ketel raas
en stoomwolkies blaas

In ouma se plaaskombuis
is vars gekniede deeg wat rys
brood en beskuit word gebak
karringmelk en anys
vir die broodrak

Die hitte van haar dover stofie
was altyd ‘n welkome storie
om ‘n koue karoo oggend
se doel te vind

Oupa kom aansit
gereed vir ‘n nuwe dag se arbeidsrit
sy oë rus dankbaar op ouma se vars gebak
terwyl hy sy pyp stop met rum en maple twak

In ouma se plaaskombuis
heers ‘n heilsame vrede
terwyl vroeë oggendbede
opslaan teen die muur
waar die Breede en Smalle weg
‘n regte pad aanwys

– Petrus JS Vermaak




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed