Jongste aktiwiteit:

Die Rooiposbus (brons afdeling)

Ek stuur vir jou ‘n brief my lief, in die rooiposbus
wat groot en enorm hier op die straatkant staan.
Ek gooi my brief hoog bo in en ek weet
dit bly sweef tot vêr anderkant skemeraand.
Sien, die lyne van my brief se woorde
wat strek oor verre vlaktes en rante
oor die grysgroen van die karoo se kleure
nou verbruin en verblyk deur die skrille son

My liefde sweef wyd in ink en in rym
verklaar uit die stiltes wat in my om jou weef
dit bly rein en dit bly skoon.
So wil ek dan my liefde bly verklaar
gestuur op engelvlerke vanuit die rooiposbus

©callie 2017
(met apologie aan Breyten Breytenbach – Rooiborsduif)
(foto – self geneem)




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed