
Net ‘n Droom (brons afdeling)
sien jy ook die sterre vanaand, my droom
onthou jy nog die dae onder ons wilgerboom
die reuk van groen geil gras en papawers
waar ons kon lag en droom, speel met klawers
voel jy ook die sterre se streling, my droom
hul aanraking so koel ‘n lawende bergstroom
die tintelervaring wat teen jou rugraat skoppelmaai
toe ek jou hare strelend met my vingers sou draai
lees jy ook die sterre in braille, my droom
onthou jy ons omhelsings so sonder skroom
die warm van ons lywe so styf teen mekaar
ons harte se tamboer wat net nie wou bedaar
ek sluit my oë onder die sterre se blink
laat my gedagtes treetrappies loop
om ou herinneringe weer terug te dink
die mooi wat was met trane terug te koop
terwyl my oë die sterre een-vir-een tas
wonder ek in somerstiltes
sien jy ook die sterre vanaand, my droom
©callie 2018
(foto vanaf internet USNPS)
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek