Jongste aktiwiteit:

Die elegie van ‘n Sagmoedige broer

Oor wyd uitgesterkte karoovlaktes
speel die wind met my gedagtes
in my denke
‘n skans
terwyl ‘n karooson
op die horison
sy finale swanesang
dans

met oë… soekend
na die weg
waar ‘n tolbos
teen ‘n karoowind veg
om hom te verlos
wil my denke…vraend
wonder na die weg
wat jou nalatenskap
ons in nostalgie
wil agter los

Uit die stof
van hierdie verskroeide aarde
is geseënd
die sagmoediges…. nederiges
‘n nuwe aarde
sal hul ontvang

In ons harte …glimlagte
‘n nagedagtenis
‘n blye erkentenis
elke herinnering
verbreek die skanse
in ons denke

my sagmoedige broer
nog steeds
wil jy… vir ewig bevry
ons karoo harte
met jou liefde kom roer

– Petrus JS Vermaak

Die nagedagtenis van ‘n geliefde moet altyd voortleef in ons harte, glimlagte en dade. Met elke herinnering word opnuut ’n vuurtjie van liefde aangesteek in ons harte wat sal deurskemer na ons glimlagte en sal uitloop op ons dade”. – Petrus JS Vermaak




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed