Jongste aktiwiteit:

Die Laaste Avondmaal

In ‘n bovetrek
in Jerusalem
heers ‘n gewyde stilte
‘n Messias staar voor Hom uit
en worstel met ‘n eensame liefdes gedagte

‘n Gekose twaalf
sit aan tafel
saam met hul leermeester
begeester
deur jare se leringe
en herinneringe

In die skadu van die aand
glimlag ‘n dissipel
skelm en verwaand
‘n bose gedagte
word gekoester
met geen genade

Met teerheid in Sy stem
bedroef
wil ‘n Leermeester
Sy gekose twaalf beproef
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle,
Een van julle sal My verraai”

Hoe groot die verbasing en vrees
van die gekose twaalf eens met blye gees

Geskok en verslae
vraend
wil Taddeus en Mattheus na Simon Petrus draai
Andreas en Jakobus
met hande gerig na bo
kan dit nie glo

Simon Petrus
hewig ontsteld
se hart word gedoop in geweld
maar geweld toon nie liefde waar genade seëvier
want Sy woorde spreek genade in dié geskokte uur

Johannes, die liefling
so leunend teen Sy bors
val in beswyming van skok
sy Messias dra in Sy gees geen work

In die skadu van ‘n olielamp se lig
wat die benoude bokamer verlig
sit Fillipus al soekend met geskokte oë
gerig op Tomas se onstelde vertoë

“Here, wie is dit?
Johannes se vraag
wil elk dissipel se gewete uitdaag
tog ongeloof in die geskokte uur
dien geen nut

Judas Iskariot, die seun van Simon
neem die stukkie brood
gedoop in jou Meester se Woord
hierdie nag sal jou hul in boosheid en berou
waar jou verraad soos gif sal klou

Hoe merkwaardige die die stiltes van ‘n kalm gemoed
waar die Meester boosheid oorweldig met Sy moed
die wêreld het in wonder aanskou
‘n Tempel afgebreek om in drie dae op te bou

– Petrus JS Vermaak




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed