Roet en Bloed
Met Jeugmaand vieringe gedurende Junie in gedagtenis, plaas ek met liefde die volgende gedig ter herinnering aan aan die
22 074 kinders en meer as 3000 vrouens wat hul lewens opgeoffer het in konsentrasiekampe tydens die Anglo Boereoorlog gedurende 1899 – 1901.
Ons Jeug is ons toekoms.
Roet en Bloed
My geliefde land
in rook en roet verbrand
my siel, O Heer
is tot in my gebeente verskeur
Ek, Vrou
hier alleen
smekend op my knieë
oor hierdie bitter tragedie
My kinders!
My plaas!
My kuddes!
tydelik aan my geleen
‘n Bitter onreg
gepleeg
in ‘n sinnelose beleg
teen vrou en kind
wat my hart verblind
in die doodspyn
Mog U gee o Heer
in hierdie offerland
Ek, vrou
alleen en bewend in hierdie doodskamp
rede vir my gebede
wat is ‘n lewe sonder nostalgie
hoe sal ek ooit
verstaan
uit sy ewige gefluister?
Mog U gee o Heer
geskenk in nostalgie
‘n belofte land
‘n nageslag
gedenk in my storie
Wat is ‘n lewe sonder ‘n verlede
ondenkbaar in rede
laat ons leer
gedenk uit die seer
die nostalgie
herroep in herrinnering
oor held en helddin
gedoop in roet en bloed
‘n verlede se bewusmaking
skep doelgerig
‘n toekoms se kennismaking
Bewusmaking van die verlede skep ‘n meer doelgerigte toekoms. Ons erfenis vorm die fondament van ons kulturele identiteit.
– Petrus JS Vermaak
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek