Jongste aktiwiteit:

Geen getuienis

Geen getuienis

hier staan ek voor jou
in die oog van die orkaan
met ‘n pleitskrif
om my rede te regverdig

jy is my regter
en my jurie
hoor tog
my smeekroep

een laaste pleitstuk
om voor jou oop te gooi
een laaste pleidooi
om jou tot orde te roep

jy sien my nie meer nie
jy hoor my nie meer nie
leeg staar jy my verby
en my woorde syfer weg in die lug

in vaste stem fel jy
jou beslissing
dit is klaar – ek moet uit
dít is jou finale besluit

met geboë boggelrug
tree ek weg van jou
ek hoor en sien jou …
       nie meer nie

©A Enslin




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed