
‘N PLEKKIE VIR MY
‘N PLEKKIE VIR MY
maak vir my ‘n plekkie in jou wêreld
vir al my fieterjasies en tierlantyntjies
vir my dwarrels en my warrels
en my gedagtes wat soms soos onkruid vervuil
maak vir my ‘n plekkie op jou werf
waar ek my ryding vir ‘n rukkie kan bêre
waar jy my kan navigate deur die tonnels
van hierdie onverstaanbare grootmenslewe
maak vir my ‘n plekkie in jou arms
waar ek my kop kan neerlê teen jou bors
waar ek my kan jas in jou wysheid
en kan nesmaak in die warmte van jou woorde
© Barbara Smit 05/07/2018
3 Kommentare
-
Anze
Ek is mal oor hierdie gedig, dis sielsmooi!
-
Francois Meyer
Lekker om jou vrye gees hier aan boord te hê, Barbara!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Pendoring beoordelaar 2
Welkom Barbara by jou plekkie in Pendoring 2