
“Nondoppie”
“Nondoppie”
hande om die bekertjie gevou
wa ek die hitte van die vuurtjie xarare
maar is dié beeskop
ooit soet genoeg
om die lewe se bittergeit te blus
ek wil mos lag en lewe soos ‘n koning
al is dit dan ook net vir een aand
as die uhmzwe ‘n lied in my lyf gooi
en my oë blink maak
sal ek vanaand in ‘n hemel tokkies vang!
© Barbara Smit 18/06/2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek